spreker

Onderwerpe


Die Geskiedenis en Kultuur van Tee

Tee, naas water, die vloeistof wat die meeste in die wêreld gedrink word! Dit het so vroeg as 2737VC begin, en wel op 'n sonnige dag in die Fujian provinsie in Oos-Sjina, toe die Sjinese Keiser Shen Nung sy ryk met sy hof besoek het. As noukeurige heerser en wetenskaplike van formaat het hy sy manskappe beveel om hul drinkwater te kook terwyl hulle onder die bome gerus het. Blare van die inheemse Camellia Sinensis-struik het in die water gefladder, wat die Keiser se belangstelling in hierdie verfrissende aftreksel geprikkel het... en tee is ontdek!
Enige-iemand vir "high tea" met die Hertogin?

  • tee
  • Ontdekking van die teeplant, Camellia sinensis
  • Soorte tees
  • Die prosessering van tee
  • Teedrink-kulture van die wêreld
  • "High tea" met die Hertogin
  • Tee uitvindsels
  • Tee en gesondheid
  • Die perfekte koppie tee...

Die Koffie-storie

Koffie, naas olie, die wêreld se grootste handelskommoditeit! Sou die Ethiopiese bokwagter, Kaldi, ooit kon droom dat sy ontdekking van die koffiekersies wat 'n terapeutiese hoeveelheid kaffeïen bevat en sy bokke met vreugde laat dans het, sou ontwikkel in 'n gunsteling drankie vir kieskeurige verbruikers wêreldwyd: espresso, cappuccino, café latté, machiato...

  • coffee
  • Ontdekking van koffie
  • Die plant en koffiebone
  • Geskiedenis en kultuur
  • Produksie
  • My koppie koffie
  • Resepte...

Die Mistieke Roos

"Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist're geheime vertrou aan die nag..."
Uit: Rosa Rosarum deur A.G. Visser.

Die roos, die gewildste van die tuinstruike en die mees algemeenste blom deur bloemistes verkoop, het 'n kleurryke geskiedenis, volgens fossiel-bewyse meer as 35 miljoen jaar oud!

  • Die mistieke roos
  • Oorsprong
  • Geskiedenis
  • Kultuur en Simboliek
  • Bygelowe
  • Byprodukte...

Uitvindsels Wat Ons Lewens Raak

uitvindsels Van die uitvinding van die wiel to moderne uitvindsels, is Charles H Duell, gewese kommissaris van die patentekantoor van die VSA, verkeerd bewys toe hy alreeds in 1899 die stelling gemaak het dat "alles wat uitgevind kan word reeds uitgevind is..." Sedert toe... het heelparty uitvindsels ons lewens onherroeplik verander.

  • Die wiel
  • Toebroodjie
  • Die Ritssluiter
  • Velcro
  • Kelloggs ontbytgraan
  • Tupperware
  • Sellofaanpapier
  • Hegpleister
  • Teddiebeer
  • Drinkstrooitjie...

Suid-Afrikaanse Uitvindsels

  • Hartoorplanting
  • "Cat scan"
  • Sasol
  • Spoedgeweer
  • Kreepy Krauly
  • Pratley Putty
  • Dolosse
  • Vuvuzela
  • Mrs Ball's blatjang...

Waar Kom Dit Vandaan?

  • Oorsprong van Valentynsdag
  • Die Tango...

Lyftaal

Het u al ooit iemand 'n "koue skouer" gegee... of 'n "vuil kyk"...of het u al u "rug op iemand gekeer"? Lyftaal, of nie-verbale kommunikasie, reflekteer 'n persoon se innerlike gevoelens sonder dat dit verbaal uitgedruk word. Navorsing het bevind dat die verbale komponent van 'n gesig-tot-gesig gesprek minder as 35% en die nie-verbale komponent (lyftaal) meer as 65% bedra.

  • lyftaal
  • Geskiedenis
  • Postuur
  • Lyftaal -seine
  • Kulturele verskille
  • Die leuen
  • Lag, die beste medisyne
  • Persoonlike territoriale ruimte
  • Geheime...